“Goeie diens, ‘n ekstra tree en ‘n vriendelike gesindheid is soos hoendertande… SKAARS! Veral as mens nog ‘n ongeduldige klient het wat 200km van Kaap is en niks van rekenaars / printers weet nie.
Grootmens wêreld kry mens maar min ‘n “well done”. ‘n Opregte WELL DONE vir Burton. Ek sal self sy hand wil vat en in sy oë kyk… sy diens en gesindheid teenoor Liefieland Kleuterskool se printer en frustrasie was bloot puik.
Geduldig was daar langer as 2h oor n whatsapp video call, stap vir stap, baie duidelik, nie moeite om te herhaal aan ons verduidelik / hulp / leiding gegee.
Terugvoering na koppe gekrap was, was spoedig en kommunikasie is doeltreffend en behulpsaam.
As mens sulke diens, gesindheid en aanhou help tot oplossing gevind is, is ‘n week sonder ‘n printer niks.
Baie dankie Burton. Jou diens, vriendelikheid en geduld was TOPS. 10 uit 10! (En glo my, ek is nie die maklikste klient nie)
Well done!”
– Liani Huysamen